# Rugby: Nege Springbok-vroue is ingesluit in ‘n groep van 30 spelers wat in Somerset-Wes, Kaapstad, oefen in die eerste van twee kampe. Die groep is deel van die Springbok-vroue-akademie, waar spelers wat nie by die toetswedstrydgroepe betrokke is nie, saam oefen as deel van die breër nasionale groep. Die Springbok-vroue A-groep van 26 spelers sal op die 20ste na Brasilië vertrek. Hulle sal in Brasilia en Sao Paulo op onderskeidelik 24 en 29 Augustus teen hul Brasiliaanse teenstanders te staan kom.
Rugby: Bok-vroue byeen vir oefenkamp voor Brasiliaanse toer