Skip to content

Rugby: Bok Deon Fourie se toekoms in die weegskaal ná ernstige besering

Rugby: Die Stormers se Springbok-voorspeler, Deon Fourie, se toekoms is in die weegskaal na ‘n ernstige besering tydens die naweek se Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met Connacht. Fourie is ná net enkele minute hinkend af van die veld. Die Stormers se afrigter, John Dobson, sê die 38-jarige Fourie het skynbaar sy skeenbeen gebreek, wat hom die res van die jaar op die krukkelys kan hou. Fourie het ná ‘n vorige langtermyn-besering aan Dobson gesê hy wil nie sy loopbaan eindig deur op ‘n gholfkarretjie van die veld geneem te word nie.