# Rugby: Die Springbok-sewes het Spanje met 19-5 in die eindstryd van die Sewes-wêreldkampoenskap in Los Angeles geklop en daarmee ‘n foutlose naweek in Kalifornië afgesluit. Selvyn Davids, Mfundo Ndhlovu en Ricardo Duarttee het drieë in die eindstryd gedruk terwyl die Blitsbokke slegs een afgestaan het met baie sterk verdediging in hulle vyfde oorwinning van die naweek. Nieu-Seeland het die bronsmedalje verower na hulle Argentinië met 38-17 getroef het. In die vroue-afdeling het Nieu-Seeland vir Australië met 31-7 afgeransel.
Rugby: Blitsbokke wen Wêreldkampioenskap in Los Angeles