# Rugby: Die Blitsbokke het deurgedring na die kwarteindronde van die Hongkongse sewestoernooi danksy ‘n oortuigende oorwinning oor die verdedigende kampioen, Argentinië, in hulle laaste groepswedstryd. Suid-Afrika het gister gemengde uitslae gehad toe hulle gesukkel het om die onbesonge Uruguay te klop voor Spanje hulle 31-12 afgeransel het. Hulle het egter vandag teruggeveg en Argentinië 38-0 geklop. Hul segetog het ‘n hupstoot gekry toe die Argentyn, Martiniano Arrieta, met ‘n rooikaart afgestuur is vir ‘n boorvat op Zain Davids. Argentinië het ook vir die kwarteindronde gekwalifiseer.
Rugby: Blitsbokke veg terug om Hongkong-kwarteindronde te haal