# Rugby: Die Blitsbok-speler Gino Cupido sê hulle sal hierdie naweek van vooraf begin, ondanks hul onlangse suksesse. Suid-Afrika het die internasionale sewesreeks beklink voordat hulle in Hongkong die eerste van drie wêreldkampioenskaps-toernooie gewen het. Die tweede vind hierdie naweek in Valladolid, Spanje, plaas, waar die Blitsbokke teen Groot-Brittanje, Kenia en Australië in Groep A te staan kom. Die laaste toernooi word vroeg volgende maand in Bordeaux, Frankryk, gespeel. Cupido sê hy wil die span weereens help om na glorie te streef.
Rugby: Blitsbokke begin hierdie naweek van voor af in Valladolid