# Rugby: Die voormalige Walliese losskakel Dan Biggar sit nie sy geld op sy landgenote wanneer hulle die naweek in ‘n Nasieskampioenskapswedstryd in Durban teen Suid-Afrika speel nie. Die Springbokke is bo-aan die wêreldranglys terwyl Wallis in die twaalfde plek is – die laagste-geplaasde span in die kompetisie. Biggar sê die Rooi Drake het werk nodig in sekere afdelings, veral in verdediging nadat hulle verlede naweek teen Argentinië verloor het. Hy sê die wêreldkampioen, wat reeds 13 drieë in die kompetisie gedruk het, sal beslis Wallis se verdediging toets.
Rugby: Biggar glo nie Wallis sal Bokke Saterdag verras nie