Skip to content

Rugby: Besering dwing verandering aan Junior Bokke se groep vir Onder 20-kampioenskap

# Rugby: ‘n Besering het die Junior Springbokke gedwing om ‘n verandering aan te bring aan hul span vir die Onder 20-Rugbykampioenskap wat Maandag in Gqeberha in die Oos-Kaap begin. Die ervare haker Siphosethu Mnebelele het verlede week in Stellenbosch sy enkel beseer en word vervang deur Mahle Sithole. Hoofafrigter Kevin Foote sê dis jammer Mnebelele is beseer, maar dit gee Sithole kans om te wys waartoe hy in staat is. Suid-Afrika se veldtog skop af teen Argentinië, gevolg deur Australië op 3 Mei en Nieu-Seeland op 9 Mei.