Skip to content

Rugby: Beseerde Walliese kaptein gaan Saterdag se kragmeting met die Bokke misloop

# Rugby: Wallis se kaptein, Dewi Lake, gaan Saterdag se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Suid-Afirka in Durban misloop. Hy het verlede naweek ‘n liesbesering opgedoen tydens die nederlaag van 35-31 teen Argentinië. Lakes het in al elf toetse gespeel sedert afrigter Steve Tandy verlede jaar oorgeneem het. Ryan Ellis, wat moontlik die eerste keer in die opdrafspan kan wees sedert die openingsronde van 2024 se Sesnasies-reeks teen Skotland, sal waarskynlik in die nommer twee-trui speel, met Elliot Dee as plaasvervanger. Jac Morgan sal die kapteinskap oorneem.