# Rugby: Die Springbokke sal dalk sonder heelagter Damian Willemse moet klaarkom vir die komende vyf einde-van-die-jaar-toetse. Hy het Saterdag ‘n dyspierbesering opgedoen toe die Stormers vir Benetton 31-16 geklop het in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 27-jarige Willemse is in afrigter Rassie Erasmus se groep vir die November-toetse teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die Stormers het nog nie aangekondig hoe erg Willemse se besering is nie. Hy is die enigste erkende heelagter in die toergroep.
Rugby: Beseerde Damian Willemse kan November-toetse misloop