# Rugby: Die hulpafrigter van Nieu-Seeland, Jason Holland, sê die span se doelwit om die Bledisloebeker teen Australië te behou het hulle gehelp om die pyn van die rekordnederlaag teen die Springbokke af te skud. Die All Blacks hou die trofee reeds sedert 2003 en kan dit vir ‘n 23ste agtereenvolgende jaar in die vertoonkas toesluit indien hulle Saterdag ‘n oorwinning oor die Wallabies behaals in die Rugbykampioenskapwedstryd op Eden Park. Australië loop voor in die kompetisie met 11 punte, een punt voor die tweede geplaasde Suid-Afrika, met Nieu-Seeland derde. Twee wedstryde moet nog gespeel word.
Rugby: Behoud van Bledisloebeker help All Blacks om nederlaag teen Bokke te verwerk