Skip to content

Rugby: Australië verneder Blitsbokke in tweede wedstryd in Hongkong

# Rugby: Australië het Suid-Afrika ‘n sewes-les geleer deur hulle 26-7 te verslaan in hul groepswedstryd in die Wêreldreeks-toernooi in Hongkong. Die Australiërs het in die eerste helfte twee drieë aangeteken en in die tweede helfte ‘n verdere twee voordat Selvyn Davids die Blitsbokke se enkele drie kon druk. Suid-Afrika het vroëer in hulle eerste wedstryd sewe drieë teen Uruguay gedruk om met 40-7 te wen. Hulle speel môreoggend teen Nieu-Seeland in hulle laaste kragmeting in Groep B.