Skip to content

Rugby: Australië klop die Junior-Bokke in die Onder-20-kampioenskap

# Rugby: Australië het teruggeveg om Suid-Afrika met 29-24 in die tweede ronde van die Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha te klop. Die Junior-Bokke was teen rustyd met 17-0 voor toe Australië drie verdoelde drieë aangeteken het. ‘n Strafskop vir die Aussies het hulle met 29-17 laat voorloop, maar Suid-Afrika het teruggeslaan met ‘n drie en doelskop deur die flank Batho Hlekani, maar die tyd het hulle toe ingehaal. In die ander wedstryd het Nieu-Seeland vir Argentinië met 75-21 kafgedraf.