Skip to content

Rugby: Australië, Amerika spook sake uit vir laaste kwarteindplek in Vroue-Wêreldbekertoernooi

# Rugby: Slegs een kwarteindplek is nog beskikbaar tydens die naweek se laaste groepwedstryde van die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Engeland. Suid-Afrika, die gasvrou, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Kanada en Ierland het reeds hulle plekke bespreek in die uitspeelronde. Australië en Amerika spook sake uit om te kwalifiseer uit Groep A. Die Springbokke speel Sondagmiddag hulle laaste groepswedstryd teen Frankryk in Southampton. Die kwarteindstryde vind volgende naweek plaas, die halfeindstryde ‘n week later en die eindstryd die 27ste.