# Rugby: Die Springbok-vroue se prestasie-afrigter, Swys de Bruin, het sy span geprys nadat hulle Saterdag Nieu-Seeland se Swart Varings op die Athlone-stadion in Kaapstad gewen het om hul voorbereiding vir die Rugbywêreldbeker op ‘n positiewe noot af te sluit. De Bruin sê die oorwinning van 41-24, het in teenstelling met die nederlaag van 34-26 verlede naweek, verskeie positiewe gevolge vir afrigters en spelers gebied. Hy sê hul Rugbywêreldbeker-voorbereiding is nou voltooi en hulle kan fokus op die openingswedstryd teen Brasilië in Northampton. Die Wêreldbeker-groep word op 9 Augustus aangekondig.
Rugby: Athlone-oorwinning ‘n groot hupstoot vir Bok-vroue se selfvertroue