Skip to content

Rugby: Argentinië stel verdedigingsafrigter Shaun Edwards aan voor Wêreldbeker-toernooi

# Rugby: Argentinië het die verdedigingsafrigter Shaun Edwards gewerf vir die Rugbywêreldbeker-toernooi volgende jaar in Australië. Die 59-jarige Brit sluit aan by die Pumas ná sewe jaar by Frankryk waar hy gehelp het om drie Sesnasies-titels te wen. Die voormalige Argentynse afrigter, Mario Ledesma, keer ook terug as voorspelerafrigter in Felipe Contepomi se afrigtingspan. Edwards begin einde Oktober in sy nuwe pos, voor die Nasieskampioenskap-wedstryde teen Ierland, Italië en Frankryk in November. Argentinië het die halfeindstryd van die Wêreldbekertoernooi in 2007, 2015 en 2023 bereik. Hul sal volgende jaar in die groepfase teen Fidji, Spanje en Kanada te staan kom.