# Rugby: Die vleuel Kurt-Lee Arendse is opgewonde om Saterdag weer vir die Springbokke te speel teen Japan in Londen. Dit sal slegs sy vyfde toets van die seisoen wees nadat beserings hom uit die ander ses gehou het. Arendse se laaste toets was in Augustus teen Australië. Hy speel saam met Ethan Hooker terwyl sy gereelde vleuel-maat, Cheslin Kolbe, heelagter speel. Die enigste erkende nommer 15 in die groep, Damian Willemse, sukkel met ‘n besering en sal eers vir volgende naweek se wedstryd teen Frankryk oorweeg word.
Rugby: Arendse is opgewonde om terug te wees in die Springbok-kamp nadat beserings sy seisoen ontwrig het