Skip to content

Rugby: Appèlpaneel handhaaf 10-jaar-verbod teen voormalige WP-rugbypresident Marais

# Rugby: ʼn Onafhanklike paneel het ʼn wangedragbevinding teen die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie se oudpresident, Zelt Marais, gehandhaaf. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het Marais in 2024 vir 10 jaar geskors nadat hy op agt aanklagte van wangedrag weens verbreking van die SARU-gedragskode skuldig bevind is. Die paneel het bevind die straf wat die regsbeampte opgelê het, was goed gemotiveerd en het Marais se totale gebrek aan berou in ag geneem. Marais mag tot Oktober 2034 geen amp in rugby beklee nie.