# Rugby: Die toergroep van die Britse en Ierse Leeus sal vanmiddag tydens ’n spesiale seremonie in Londen aangekondig word. Hoofafrigter Andy Farrell gaan na verwagting ’n groep van 37 spelers aanwys vir die toer na Australië wat drie toetse teen die Wallabies en ses ander wedstryde insluit. Die Leeus het teen die Springbokke verloor met hul vorige toer in 2021 ná ’n gelykopuitslag teen die All Blacks in 2017. Hul laaste reeksoorwinning was teen die Wallabies in 2013.
Rugby: Britse en Ierse Leeus se toergroep na Australië word vandag aangekondig