Skip to content

Rugby: Andy Farrell is gunsteling om as Britse en Ierse Leeus se afrigter aan te bly

# Rugby: Die uitvoerende hoof van die Britse en Ierse Leeus, Ben Calveley, sê Andy Farrell is die gunsteling om die span weer te lei wanneer hulle in 2029 in Nieu-Seeland gaan toer. Die 50-jarige het die Leeus in Australië tot hulle eerste reeksoorwinning sedert 2013 gelei, maar hulle kon nie skoonskip maak nie toe hulle Saterdag die laaste toets teen die Wallabies in Sydney 22-12 verloor het. Calveley sê Farrell se indrukwekkende rekord sal in oorweging geneem word wanneer hulle met die proses begin om ‘n hoofafrigter te kies.