Skip to content

Rugby: Anathi Qolo gaan Springbok-vroue aanvoer by die Afrika-vrouebeker

# Rugby: Die Springbok-vroue se hoofafrigter, Swys de Bruin, het ʼn sterk groep van 28 spelers gekies vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat van Saterdag in Nairobi, Kenia, plaasvind. Anathi Qolo is kaptein van die span wat nege nuwelinge insluit, asook agt gewese toets-spelers wat weer na die internasionale verhoog terugkeer. Suid-Afrika, die verdedigende kampioen, speel haar groepswedstryde teen Uganda, Madagaskar en die gasvroue. De Bruin sê die toernooi is die ideale geleentheid vir nuwe spelers en gee sommige meer ervare spelers behoorlike wedstryd-tyd.