# Rugby: Die All Blacks-vleuel Caleb Clarke is weens ‘n skouerbesering nie beskikbaar vir Nieu-Seeland se Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die Springbokke nie. Clarke is beseer tydens Nieu-Seeland se 54-0 oorwinning oor die Haaie in Durban en gaan huis toe vir ‘n operasie. Afrigter Dave Rennie sê geen plaasvervanger sal opgeroep word nie, tensy daar verdere beserings is. Clarke sluit op die krukkelys aan by Billy Proctor en die haker George Bell. Die eerste toets in die reeks van vier teen die huidige wêreldkampioene word 22 Augustus op Ellispark in Johannesburg gespeel.
Rugby: All Blacks-vleuel Clarke nie beskikbaar vir RGR-reeks