Skip to content

Rugby: All Blacks troef Frankryk in tweede toets met ses drieë

# Rugby: Die All Blacks het bordjies verhang met ‘n klinkklare oorwinning teen die Franse besoekers en die tweede toets met 43-17 gewen op die Sky Stadium in Wellington. Hulle het nou ‘n voorsprong van 2-0. Die swart pette het teen rustyd met 29-3 voorgeloop ná drieë deur Cam Roigard, Ardie Savea, Codie Taylor en Tupou Vaa’i. Dit volg na ‘n naelskraapse oorwinning van 31-27 in die vorige toets. In Adelaide het vleuel Duhan van der Merwe ‘n driekuns behaal vir die Britse en Ierse Leeus en die Australië/Nieu-Seelandse uitnodigingspan met 48 – 0 getroef.