Skip to content

Rugby: All Black-veteraan sien uit na taktiese uitdaging in vandag se wedstryd teen Bulle

# Rugby: Die veteraan All Black-senter Anton Lienert-Brown sien uit na die taktiese uitdaging deur die Bulle se heelagter Willie le Roux en losskakel Curwin Bosch in vanaand se kragmeting op Loftus Versfeld in Pretoria. Hy verwag ‘n wedstryd met baie skoppe wat dinge vir die besoekers moeilik sal maak. Lienert-Brown beskryf Le Roux, ‘n Springbok-veteraan van 101 toetse, as een van rugby se slimste spelers, en sê Bosch, wat twee toetse gespeel het, het ‘n baie sterk skopskoen. Hy sê Suid-Afrika se vastespel en groot spelers het nie verander sedert hy uit Super Rugby weg is nie.