# Rugby: Die All Black-haker Codie Taylor het sy spanmaats aangemoedig om ook sabbatsverlof te oorweeg en sê dis nodig om so lank moontlik op die hoogste vlak te kan speel. Hy het ‘n verposing van ses maande van toetsrugby geneem na 2023 se Wêreldbekertoernooi. Die ruskans vir sommige ervare All Blacks word gesien as ‘n belangrike hulpmiddel om talent te behou, aangesien oorsee-gebaseerde spelers nie vir die nasionale span mag speel nie. Taylor sê hy het nie klubrugby gespeel nie, maar gehalte-tyd saam met sy gesin deurgebring.
Rugby: All Black-haker moedig spanmaats aan om ook sabbatsverlof te neem