Skip to content

Rugby: Agt Junior Springbokke in WP-span vir Curriebeker

# Rugby: Daar is agt wêreldkampioen-Junior Springbokke in die Westelike Provinsie-groep vir die Curriebeker. Die WP begin hul veldtog Saterdag met ‘n Noord-Suid-botsing teen die Bulle in Kaapstad. Die Junior Springbok-kaptein Riley Norton is saam met sy spanmaats Xola Nyali, Wandile Mlaba, Oliver Reid, Herman Lubbe, Siya Ndlozi, Dominic Malgas en Gino Cupido in die senior groep, hoewel hulle eers volgende week vir moontlike insluiting in aanmerking sal kom. Hulle het die week uit Italië teruggekeer.