# Die Leeus se Curriebeker-groep is versterk met die terugkeer van agt Junior Springbokke ná die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië. Die afrigter, Mziwakhe Nkosi, sê die spelers se terugkeer en die sterk vertonings van verskeie jong spelers in die openingswedstryd-nederlaag teen die Cheetahs, maak die Leeus vir die res van die toernooi en in die toekoms, ‘n gedugte teenstander. Hy sê die Junior Bokke sal waarskynlik ‘n blaaskans kry vir die volgende wedstryd teen die Pumas nadat hulle die titel suksesvol in Tbilisi verdedig het, maar sal binnekort by die groep aansluit.
Rugby: Agt Junior Bokke terug om Leeus se Curriebeker-groep te versterk