# Rugby: Die Leeus wil vandag bestendig presteer in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting met die Haaie op Kingspark in Durban. Ivan van Rooyen se span kon in die verlede nie opvolg op goeie vertonings nie en is die enigste Suid-Afrikaanse span wat nog nie die top-agt van die VRK bereik het nie. Van Rooyen sê sy spelers sal skerp moet bly en by hulle verdedigingstrategie moet hou. Die Leeus is negende op die punteleer met 28 punte na elf wedstryde.
Rugby: Afrigter waarsku Leeus om skerp te bly teen die Haaie in VRK-botsing