# Rugby: Die beroemde krieketveld in Melbourne, die MCG, is vandag die gasheer vir die tweede toets tussen Australië en die Britse en Ierse Leeus, en meer as 90-duisend toeskouers word verwag. Die reuse-stadion behoort die toon aan te gee vir ’n intense kragmeting, met ’n reeksoorwinning op die spel. Die Leeus het die eerste toets gewen en nog ‘n oorwinning sal hulle ‘n eerste reeksoorwinning besorg sedert 2013, wat ook oor die Wallabies was. Australië se afrigter, Joe Schmidt, verwag dat sy spelers sal sterkstaan en ‘n beslissende wedstryd afdwing.
Rugby: 90-duisend toeskouers sal die MCG volpak vir die tweede toets tussen die Wallabies en die Leeus