Skip to content

Rugby: 32 spelers in Springbok-vrouespan vir kragmeting met Kiwi’s

# Rugby: Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, het 32 spelers aangewys vir die wedstryde teen Nieu-Seeland op die 26ste van hierdie maand en die tweede van volgende maand. Ses spelers het aangesluit by die span wat in die reeks van twee toetse teen Kanada gespeel het. Vier spelers wat deel was van die suksesvolle Afrikabekertoernooi vir vroue is ook weer opgeroep. De Bruin sê die wedstryde teen Nieu-Seeland is die laaste voorbereiding vir volgende maand se Wêreldbekertoernooi in Engeland.