Skip to content

Rugby: 26 Bokke vertrek vandag vir eenmalige toets in Argentinië

# Rugby: ‘n Sterk groep van 26 Springbokke vertrek vandag na Argentinië vir volgende Saterdag se eenmalige toets teen die Pumas in Buenos Aires. Kaptein Siya Kolisi, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Lood de Jager, Eben Etzebeth en Morné van den Berg keer almal terug van beserings, terwyl ander spelers in die groep, die afgelope paar weke ‘n ligter werklas gehad het. Die res van die groep bly agter om voorbereidings vir die All Blacks se reeks voort te sit. Afrigter Rassie Erasmus sê Argentinië is ‘n gehalte span en hulle verwag ‘n reusestryd.