Skip to content

Rugby: 2027-skedule vir Sewesreeks en Wêreldkampioenskap bevestig

# Rugby: Wêreldrugby het die skedule vir 2027 se Sewesreeks en Wêreldkampioenskap bevestig na ‘n mylpaal-jaar waarin die Blitsbokke albei kompetisies gewen het. Die seisoen sal weereens in November in Dubai afskop voordat Kaapstad, Singapoer, Perth, Vancouver en New York aan die beurt kom, met die Wêreldkampioenskap daarna in Hongkong, Valladolid en Bordeaux. Suid-Afrika sal sy Kaapstadse kroon op 5 en 6 Desember verdedig. Wêreldrugby sê die huidige seisoen het meer as 530-duisend ondersteuners gelok, 21-persent meer as verlede jaar.