# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het die Internasionale Strafhof opnuut gekritiseer en beskuldig dat hy Amerika se soewereiniteit ondermyn en wette probeer afdwing op lande wat nie sy gesag aanvaar nie. Rubio het in ʼn toespraak voor die Federalist Society in Washington die Trump-administrasie se buitelandse beleid verdedig en internasionale wette verwerp wat volgens hom Amerikaanse optrede beperk. Hy waarsku dat Washington enige poging deur die hof om sy uitsprake teen Amerikaanse burgers af te dwing, sal teenstaan. Hy sê Amerika sal nie voor internasionale regters en burokrate buig nie.
Rubio kritiseer Internasionale Strafhof in toespraak voor konserwatiewe groep