Skip to content

RNE-geskiloplossingsmeganisme aanvaar sy opdrag

# Die Regering van Nasionale Eenheid se Geskiloplossingsmeganisme het sy opdrag aanvaar na ʼn vergadering onder voorsitterskap van adjunkpresident Paul Mashatile. President Cyril Ramaphosa het in 2024 die stigting van die meganisme aangekondig om beleidsgeskille onder die RNE se tien lede op te los. Die Presidensie sê die meganisme het ingestem dat voldoende konsensus slegs van toepassing is op besluitnemingsliggame, wat die RNE en die Forum vir Politieke Leiers insluit. Dit het ook saamgestem oor verwysingsprosedures en die uitsluiting van plaaslike regeringskwessies.