# Rise Mzansi sê die Nasionale Tesourie moet die brandstofheffing hersien en verligting bied aan verbruikers en ondernemings wat geknou word deur stygende koste. Die party meen wêreldwye ekonomiese onsekerheid en hoër oliepryse vererger Suid-Afrika se lewenskostekrisis. Mabine Seabe van Rise Mzansi vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die mediumtermyn-begrotingsverklaring te gebruik om brandstofkoste aan te pak, plaaslike ondernemings teen wêreldwye handelsdruk te beskerm en sukkelende munisipaliteite te ondersteun:
Rise Mzansi vra Godongwana vir brandstofverligting in begrotingsverklaring [KLANK]
ENG SeabeOnFuelCosts