Skip to content

Reusesoektog aan die gang na vlieërplankryer Graham Howes

# ‘n Groot see-, lug- en kuslynsoektog gaan vandag voort na die 38-jarige vlieërplankryer Graham Howes van Bloubergstrand in Kaapstad. Die Nasionale Seereddingsinstituut sê Howes is Sondagmiddag laas buite Eden-on-the-Bay gesien, geklee in ‘n swart duikpak en met ‘n wit vlieërseil met rooi letters. Ten spyte van die uitgebreide soektog, is daar nog geen teken van hom gevind nie. Die soekareas het tot by Dassen-eiland gestrek. Owerhede vra die publiek om enige waarnemings onmiddellik aan te meld.