# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek die dobbelreus Betway vir die beweerde oortreding van die Suid-Afrikaanse Valutabeheerregulasies. Volgens die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek gaan die ondersoek oor die manier waarop Super Group se Suid-Afrikaanse bedrywighede betaal het vir sagtewarelisensies en ander dienste wat ander dele van die multinasionale groep lewer. Super Group, wat Betway besit, sê die saak hou verband met transaksies van die verlede waarin fondse aan buitelandse organisasies oorbetaal is. Super Group het verlede jaar ‘n inkomste van meer as 11,5-miljard-rand in Suid-Afrika gegenereer.
Reserwebank ondersoek dobbelreus Betway oor beweerde oortreding van regulasies