# Frankryk en Europa ervaar tans ‘n ongekende hittegolf en Franse owerhede het ‘n rekordgetal hittewaarskuwings uitgereik. Die BBC berig daar is ‘n oranje waarskuwing, die land se tweede hoogste, uitgereik in sowat 84 uit 96 van die streke in Frankryk. Die minister belas met klimaatsaangeleenthede, Agnès Pannier-Runacher, het dit ‘n “ongekende” situasie genoem. Hittewaarskuwings is ook ingestel vir dele van Spanje, Portugal, Italië, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en die Balkanlande, insluitend Kroasië. Die warmste Junie-dae ooit was oor die naweek aangeteken in beide Spanje en Portugal.
Rekordgetal hittewaarskuwings in Frankryk en Europa uitgereik