# Afgetrede regter Bess Nkabinde is aangestel as voorsitter van die ondersoek na die geskorste Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, se bevoegdheid vir sy amp. Chauke word beskuldig dat hy sy mag as aanklaer misbruik het, onder meer om sonder bewyse ʼn afpersingsklagte teen KwaZulu-Natal se voormalige Valke-hoof, Johan Booysen, aanhangig te maak en ʼn moordsaak teen die oudhoof van Misdaadintelligensie, Richard Mdluli, terug te trek. President Cyril Ramaphosa het aanbeveel Chauke word permanent verwyder indien hy skuldig bevind word aan wangedrag, onbevoegdheid, of nie meer geskik is om die pos te beklee nie.
Regter Nkabinde lei ondersoek na geskorste Gautengse direkteur van Openbare Vervolging se geskiktheid vir sy amp