# ʼn Federale regter in New Hampshire het president Donald Trump se uitvoerende bevel om geboortereg-burgerskap te beëindig, gekeer. Volgens die bevel mag kinders van ongedokumenteerde ouers wat in Amerika woon, nie burgerskap kry nie. Die geding is namens ʼn swanger immigrant, immigrante-ouers en hul kinders voor die hof gebring. Regter Joseph LaPlante sê om ʼn persoon die bestaande reg tot geboortereg-burgerskap te ontneem, veroorsaak onherstelbare skade en geboortereg-burgerskap is die grootste voorreg in die wêreld.
Regter keer Trump se uitvoerende bevel oor geboortereg-burgerskap