# Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur verwelkom president Cyril Ramaphosa se magtiging van ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na die toekenning van ‘n padonderhoudsprojek in Noordwes. Die ondersoek sluit die P152-pad vanaf Setlagole en die P34-pad in Delareyville in. Die departement sê hy sal ten volle saamwerk en het reeds die nodige […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hulle sal Amerikaanse owerhede nader oor Amazon Webdienste se vereiste dat besighede wat aan hul Suid-Afrikaanse beleggingsprogram deelneem, 100-persent in swart besit moet wees. Die party soek duidelikheid of die vereistes regeringsregulasies is of van Amazon self kom. Jaco Mulder van die VF Plus sê ras moet nie bepaal wie […]
# Die DA het nuwe bewyse by die Openbare Beskermer ingedien as deel van sy klagte teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Die party se woordvoerder, Leah Potgieter, sê die bewyse sluit kommer in oor die aanstelling van individue wat verbind word met die Patriotic Alliance op rade van openbare entiteite, […]
# Die voormalige adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan se regspan dink daaraan om sy ontslag in die hof te betwis. Hulle voer aan die proses was onreëlmatig en onbillik. Khan is afgedank nadat hy versuim het om ‘n interne dissiplinêre verhoor by te woon terwyl daar ernstige bewerings teen hom was. Sy aansoek om […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê staatsondernemings se rade moet onafhanklik wees, maar steeds aanspreeklik gehou word vir hul besluite. Nuwe navorsing toon ‘n behoefte aan aanstellings op grond van meriete, onafhanklike prestasie-evaluerings, sterker parlementêre toesig en gevolge vir swak bestuur. OUTA se woordvoerder Robyn Pasensie sê vaste vergoeding kan help om raadslede se onafhanklikheid […]
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings is as ‘n vriend van die hof toegelaat in ‘n saak voor die Appèlhof rakende uitvoere van die horings van renosters wat in aanhouding geteel is. Dit beïnvloed beskermde spesies en diere wat in aanhouding geteel word. Die DBV sê die diere se welsyn as geheel moet voorkeur kry […]
# The DA has submitted new evidence to the Public Protector as part of its complaint against Sport, Arts and Culture minister Gayton McKenzie. Spokesperson Leah Potgieter says the evidence includes concerns about the appointment of Patriotic Alliance-linked individuals to public entity boards and McKenzie’s 31-million-rand Soccer World Cup trip. She adds the allegations could […]
# The Freedom Front Plus says it will approach US authorities over Amazon Web Services’ requirement that businesses participating in its South African investment programme be 100-percent black-owned. The party is seeking clarity on whether the criterion comes from government regulations or Amazon itself. The FF Plus’s Jaco Mulder says race should not decide who […]
# The Organisation Undoing Tax Abuse says the boards of state-owned enterprises must be independent but still held accountable. New research by the organisation calls for merit-based board appointments, independent performance reviews, stronger parliamentary oversight and consequences for governance failures. OUTA’s Robyn Pasensie says fixed pay can help protect board independence, but accountability must be […]