# The South African Police Service’s Basic Police Development Learning Programme recruitment application process is closing today. By yesterday, police had received more than 927-thousand applications, with over 527-thousand from young women. National police spokesperson, Athlenda Mathe, says Gauteng has brought in the most applications, followed by KwaZulu-Natal:
# Die DA eis die onmiddellike herroeping van die tydelike aanstelling van ʼn onopgeleide, 29-jarige brigadier as hoof van sigbare polisiëring in die Moot-distrik in Pretoria. Die brigadier was onder talle senior lede van Misdaadintelligensie wat ʼn paar weke gelede gearresteer is in verband met bewerings van bedrog, korrupsie en misbruik van die SAPD-geheimediens se […]
# AfriForum beskuldig die Stad Tshwane dat hy sy eie regulasies oor die Brandweerdiens oortree. Die burgerregte-organisasie sê ‘n aantal begraafplase en ander munisipale terreine, soos oop stukke veld en die stuk veld langs paaie, hou ‘n ernstige brandgevaar in omdat hulle nie behoorlik in stand gehou word nie. Tarien Cooks van AfriForum sê die […]
# University of the Witwatersrand physicist professor, Andrew Forbes, and University of Cape Town paediatric neurosurgeon professor, Anthony Figaji, are the recipients of the 2.5-million-rand Harry Oppenheimer Fellowship Award. The prize rewards high-calibre scholars who are engaged in cutting-edge and internationally significant research. Research by Forbes could unlock the viability of quantum computing, while Figaji’s […]
# Spanne van City Power sal vandag as deel van die Nelson Mandela-insameling vir liefdadigheid komberse skenk en help om bejaardes van die Itlhokomeleng-tehuis te versorg. Dit is deel van die internasionale herdenking van Nelson Mandela-dag. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hulle is daartoe verbind om ‘n positiewe verskil te maak en op […]
# ʼn ActionSA-lid van die Gautengse wetgewer, Emma More, lei vandag op Internasionale Mandela-dag partylede en aktiviste om Mandela-dag in Cosmo City te vier. Hulle gaan ʼn huishouding met ʼn kind aan die hoof se huis opknap. Die sewe sibbe wat onlangs hul ouers verloor het, het finansiële probleme. ActionSA sê hulle gaan die huis […]
# Met Nelson Mandela-dag wat vandag wêreldwyd herdenk word, vra die vise-kanselier van die Universiteit van Pretoria, professor Francis Petersen, almal om by Tuks aan te sluit in sy stryd teen studente-hongersnood en finansiële uitsluiting. Die tema vanjaar is dat elkeen steeds by magte is om armoede en ongelykheid te bestry. Petersen sê hy glo […]
# Die metaalwerkers-vakbond en die Gautrein se operateur, Bombela Operating Company, het ‘n salaris-ooreenkoms van 4,2-persent onderteken, wat hoër as inflasie is. Onderhandelinge het in Junie vasgeval nadat die vakbond ‘n verhoging van sewe-persent geëis het. Numsa het gedreig om te staak en Bombela daarvan beskuldig dat sy aanbod onvoldoende is in die lig van […]
# Die Tshwane-distrikspolisie doen ʼn beroep op padgebruikers, veral taxibestuurders, om padreëls na te kom. Tydens Operasie Shanela gister in Sinoville en Kameeldrift, is 22 voertuie weens oortredings van die Padverkeerswet geskut. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê verkeersbeamptes het ook 260 oortredingskennisgewings van 150-duisend-500-rand volgens die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe uitgereik: