# Die regering het die moord op twee lede van die Teen-bende-eenheid in Reiger Park veroordeel. Hulle is na bewering in ‘n lokval gelei en doodgeskiet. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê wetstoepassingsagentskappe het hulpbronne ontplooi om die skuldiges op te spoor. Hy sê optredes soos Operasie Shanela is gemik op misdaadbrandpunte, gesoekte verdagtes en misdaadnetwerke, terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsveiligheid te versterk en die oppergesag van die reg te handhaaf:
Regering veroordeel moord op twee beamptes van die Teen-bende-eenheid [KLANK]
ENG-BaloyiOnShooting