# Die regering het gister met openbare universiteite se visekanseliers vergader om die uitwerking van Amerikaanse uitvoerende bevele en tariewe op universiteite en veral befondsing vir navorsing te bespreek. Die vergadering is gelei deur die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, en die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane. Die regering se woordvoerder, David Jacobs, sê die adjunkminister van Finansies, David Masondo, het die vergadering ingelig oor belangrike verwikkelings in die 2025 nasionale begroting en voorgestelde toekennings om die hoër-onderwyssektor te ondersteun.
Regering vergader met universiteite se visekanseliers oor uitwerking van Amerikaanse tariewe op navorsing [KLANK]
ENG JacobsOnMeeting