# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het Suid-Afrika se Buro vir Heraldiek gevra om amptelik ondersoek in te stel nadat die Somaliese Vereniging van Suid-Afrika die landswapen skynbaar onregmagtig gebruik het. Kommer bestaan dat die vereniging Suid-Afrika se landswapen of ‘n gedeelte daarvan sonder toestemming in sy embleem en handelsmerk ingesluit het. Die woordvoerder van die departement, Zimasa Velaphi, sê die integriteit van Suid-Arika se nasionale simbole is ononderhandelbaar:
Regering ondersoek die beweerde ongeoorloofde gebruik van Suid-Afrika se landswapen [KLANK]
ENG VelaphiONArms