# Die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê haar departement ondersoek ‘n nuwe skema waarvolgens ‘n spesifieke fooi by voertuigeienaars se jaarlikse hernuwing van lisensieskyfies gevoeg kan word. Sy sê die regering ondersoek ook alternatiewe moontlikhede om die Padongelukkefonds finansieel volhoubaar te hou. Creecy sê die fonds word tans uit die brandstofheffing op petrol en diesel befonds. Sy sê die regering weeg verskeie opsies op waarvolgens voertuigeienaars regstreeks tot die Padongelukkefonds kan bydra, moontlik wanneer hulle lisensieskyfies koop of jaarliks hernu.
Regering ondersoek alternatiewe opsies om Padongelukkefonds finansieel volhoubaar te hou