# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging gaan Dinsdag twee e-handelplatforms bekendstel. Die platforms word aangebied deur ProudlySA en sal plaaslik vervaardigde produkte aan verbruikers bied. ProudlySA sê dit sal klein, medium en mikro-ondernemings ondersteun. Een platform sal korporatiewe kopers help om plaaslike verskaffers te vind terwyl die ander een klante sal help om die produkte te kry wat hulle nodig het. Die departement sê die platforms sal gehalteprodukte bied wat in Suid-Afrika gemaak is.
Regering gaan e-handelplatforms bekendstel