# Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het stappe aangekondig om regeringsgeboue in Mthatha in die Oos-Kaap, wat onwettig beset is, terug te eis. Dit volg ná ‘n klopjag in 2024 wat tot verskeie inhegtenisnemings gelei het. Adjunkminister Sihle Zikalala sê Operation Bring Back teiken verlate en gekaapte strukture. Die projek word gesamentlik deur die Staatsveiligheidsagentskap en die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitgevoer. Die regering is daartoe verbind om hierdie geboue terug te eis en vir openbare gebruik aan te wend.
Regering begin proses om gekaapte geboue in Mthatha terug te eis