# AfriForum sê president Cyril Ramaphosa het onder eed erken dat Artikels 19(2), (3) en (4) van die Onteieningswet ongrondwetlik is, wat onteiening toelaat voordat grondeienaars dit in die hof kan betwis. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, verwelkom die erkenning, maar voer aan dat slegs die Parlement die wet kan wysig. Hy doen ‘n beroep dat die Wet ongrondwetlik verklaar of na die Parlement terugverwys word. Hy sê Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word vir die ekonomiese gevolge van die wet:
AfriForum beweer Ramaphosa erken dat dele van Onteieningswet ongrondwetlik is [KLANK]
AFR-KrielOnExpropriation