# ‘n Reeks kragtige ontploffings is in dele van die Iranse hoofstad, Teheran, gehoor op die sesde dag van die konflik met die aartsvyand, Israel. Ten minste vyf rookwolke kon in die ooste en suidooste van die stad gesien word. Die Israelse Lugmag het bevestig hy tref tans militêre teikens wat aan die Iranse regime in die hoofstad behoort. In Israel is familielede van personeellede van die Britse ambassade in Tel Aviv en die konsulaat in Jerusalem as voorsorgmaatreël verwyder.
Reeks kragtige ontploffings in Iranse hoofstad gehoor toe Israeliese Lugmag militêre teikens tref