# Indonesiese owerhede probeer 20 stappers red nadat die vulkaan Dukono op die Halmahera-eiland uitgebars het. Nege stappers is van Singapoer en die res van Indonesië. Twee buitelandse burgers en ʼn inwoner van Ternate is dood. Die land se vulkaan-agentskap sê die stappers was in ʼn gebied wat sedert 17 April vir besoekers gesluit is nadat wetenskaplikes ʼn toename in vulkaniese bedrywighede opgemerk het. Hy sê die waarskuwingsvlak op die berg is op sy derde hoogste vlak vasgestel.
Reddingswerkers soek 20 stappers na vulkaniese uitbarsting in Indonesië